Dienste

Alle dienste kan op die operationele stelsel bespreek word.

Ateljee vir interaktiewe uitsendings

Die ateljee het die nuutste tegnologie HD-kameras en beligting en sluit die volgende in en kan verskillende uitlegte akkommodeer:

  • ’n Formele lessenaar met ’n oorhoofse kamera
  • ’n Formele lessenaar met ’n lewendige gehoor
  • ’n Formele opset vir paneelbesprekings of onderhoude
  • Ligbord-opnames
  • Groen skerm-, of chromakey opnames

Video Produksies

Die proses om beide die mobiele kamera-eenheid en die videoproduksiediens te gebruik, behels dieselfde voor-produksie, en na-produksi aksies. Dit is belangrik om 'n opname vroegtydig te bespreek en om 'n voor-produksievergadering te skeduleer om die produksiefase te beplan. Dit sal 'n besoek insluit na die perseel waar die opnames sal plaasvind en word gebruik om te bepaal watter gereedskap vir die opname benodig sal word, bv. die tipe en aantal ligte, mikrofone, rekwisiete, ens.

Stroming 

Die skuif na afstandswerk en -leer maak die stroming van interaktiewe lesings/konferensies/tutoriale ’n noodsaaklike opsie.

Wanneer die ateljee vir ’n stromingsgeleentheid bespreek word, word al die oudiovisuele en rekenaartoerusting (soos HD-kameras, hoëgehalte mikrofone en gespesialiseerde sagteware) en tegniese ondersteuning verskaf. Die leergeleentheid of kongres word regstreeks oor die internet gestroom, terwyl dit gelyktydig opgeneem word vir redigering en publikasie ná die geleentheid. Stromingsgeleenthede by die kliënt se perseel moet met internet en klank toegerus wees.

Potgooi produksie 

Telematiese dienste kan gekontak word om u te help om ’n lesing of ’n potgooi digitaal op te neem.

’n Klankdigte kamer vir opnames is beskikbaar vir beide skerm- en stem-opnames, en tegniese ondersteuning word ook verskaf. Alle nodige toerusting word verskaf of die kliënt mag sy/haar eie skootrekenaar gebruik.

Mobiele Kamera eenheid 

Die ateljee se mobiele kamera-opsie bied kliënte die geleentheid om hulle eie lesings, opleidingsvideo’s of bemarkingsmateriaal te laat opneem en dan op YouTube of SUNLearn gelaai te word. Telematiese Dienste besit verskeie hoë-definisie mobiele kameras en bied ook die opsie van regstreekse internetstroming van die inhoud.

 

Videoproduksies 

Die multimedia adviseur verskaf ondersteuning aan dosente wat graag die rykheid van die inhoud van hulle programme of modules wil verhoog deur doeltreffende virtuele leerruimtes te skep en grafiese ontwerp vir meer leervriendelike materiaal te inkorporeer