Wat is Telematiese Dienste
Die term 'telematies' verwys na 'n metode van aanbieding. Telematiese Dienste bestuur 'n tegnologieplatform wat satelliet-, stroming- en selfoontegnologie integreer. Die dienste is gesentreer rondom die interaktiewe uitsaaiateljee, op Universiteit Stellenbosch se hoofkampus. Die ateljee kan gekonfigureer word om óf 'n formele leeromgewing met oorhoofse kamera, PowerPoint-aanbieding en regstreekse interaksie via WhatsApp te wees óf as 'n informele stel vir paneelbesprekings of onderhoude. Die ateljeedienste word aangebied as óf direkte uitsaai óf deur stroming via die internet of as 'n geredigeerde opname, of as 'n kombinasie van hierdie drie. Toegang tot 'n groen skerm, of chromakey en ligbord gee kliënte opsies vir innoverende opnames. Die informele stel kan ook verder aangepas word ten opsigte van meubels en uitleg, om by die behoeftes van die kliënt te pas.
Skep. Neem op. Inspireer.
Gereed om iets besonders te skep?
Ons Multimedia Dienste

VIDEOPRODUKSIE
Skakel jou onderrig oor vir die skerm.
- Ateljee-opnames
- Mobiele opnames
- Ligbord-opnames
- Groenskerm-opnames
- Intydse stroming
- Geleentheidsopnames
- Bemarkingsvideo’s
- Bekendstellingsvideo’s oor fakulteite of modules
- Vervaardiging vir die US-beeldbiblioteek

VIDEOREDIGERING
Omskep jou opnames in afgeronde inhoud.
- Opening en afsluiting met US-handelsmerking
- Strapline teks (Naam ens.)
- Gratis voor- en naproduksie-konsultasie
Diens teen betaling:
- B-roll-integrasie (aanvullende beeldmateriaal)
- Teks-oorlegging (text overlays)
- Videoredigering

STEM EN OUDIO
Voeg professionele klank by jou inhoud.
- Skepping van podsendings (oudio of video)
Diens teen betaling:
- Kommentaarstem-opname
- Redigering van podsendings (oudio of video)

GRAFIESE ONTWERP
Versterk jou onderrig-beeldmateriaal.
Diens teen betaling:
- Infografika
- Ikone met die US-handelsmerk
- SUNLearn-baniere en -grafika
- KI-gesteunde beeldgenerering

MULTIMEDIA-ONDERSTEUNING
Idees of vrae oor multimedia?
Stuur jou navraag sodat ons span kan assesseer hoe ons kan help.
*Neem asseblief kennis dat die gratis dienste slegs vir US-personeellede geld. Eksterne projekte en samewerkings is ten volle faktureerbaar.
BEKYK
Katalogus
Die interaktiewe uitsaaiateljee is spesifiek ontwerp om verskeie leeromgewings te fasiliteer. Dit kombineer fisiese hulpbronne en moderne tegnologie wat verskillende maniere van onderrig akkommodeer en verseker hoë kwaliteit opnames. Buigsame sitplekreëlings, verstelbare meubels en geoptimaliseerde akoestiek verseker 'n boeiende leerervaring.
Wat ons kliënte sê
“Dit is 'n plesier om saam met so 'n talentvolle span te wer; hulle is professioneel, doeltreffend en hulle stap die ekstra myl om te verseker dat kliënte se behoeftes met sorg voorsien word. Ons sal die Telematiese Dienste-span aanbeveel vir enige maatskappy wat video-, redigering- en professionele opname-ateljeedienste benodig.
Oor die algemeen 'n baie professionele ervaring, en 'n baie vriendelike en toegewyde span.”
ERICA BOTHA
Hoof van Leer en Ontwikkeling
herotel.com
"Die Hibriede Leer-span se gebruik van Telematiese Dienste is besig om die onderwyslandskap te transformeer deur tegnologie en konvensionele onderrigbenaderings vaardig saam te smelt. Hierdie opwindende kombinasie verbeter die opvoedkundige ervarings en bied 'n meer omvattende akademiese aanbod by Stellenbosch Universiteit."
CHANTELLE VIKTOR
Hibridieseleer Produksiekoördineerder
https://hybridlearning.sun.ac.za/
