Gereelde vrae

Is die dienste slegs vir personeel van die Universiteit Stellenbosch beskikbaar?

Nee, die dienste wat Telematiese Dienste bied, is beskikbaar vir US-personeel en eksterne kliënte.

Hoekom moet ek dit oorweeg om die Telematiese Dienste vir my volgende projek te gebruik?

Ons bied hoogs mededingende pryse met vriendelike en ondersteunende prosesse deur jou voor- en naproduksie.

Hoe versoek ek ‘n kwotasie vir ‘n projek?

y kan óf jou projek begin deur Telematiese Dienste te e-pos óf ‘n diens kies op die aanlyn besprekingswebwerf.

Waar begin ek, indien ek ‘n projek in gedagte het?

Deur die aanlyn besprekingvorm te voltooi, teken jy 'n diensversoek aan. Jou bespreking sal goedgekeur en bevestig word indien die tydsgleuf beskikbaar is. Vir kleiner projekte sal jy deur die Telematiese Dienste-span gekontak word om 'n vergadering te skeduleer om jou projek te bespreek. Daarna, sal jy 'n kwotasie en produksieskedule ontvang.