Meer oor

Telematiese Dienste by US 

Telematiese Diense, binne die Sentrum vir Leertegnologieë (SLT) fokus op verskeie dienste en projekte wat toegang verskaf tot onderrig wat gebaseer is op leertegnologieë. Deur die Telematiese Dienste wat aangebied word, het die US groter toegang tot hoër onderwys aan studente gebied. Die aanbiedings van Telematiese Dienste verhoog die virtuele mobiliteit van studente wat geografies afgesonder is van toegang tot hoër onderwys en daar word nou saamgewerk met die Hibridiese Leer span. Die dienste is ook aan alle dosente en eksterne partye beskikbaar.

Eksterne kliente

Telematiese Dienste bestuur 'n tegnologieplatform wat satelliet-, stroming- en selfoontegnologie integreer. Die telematiese platform is ook aan eksterne kliënte beskikbaar wat dit kan gebruik om hulle korporatiewe opleiding en professionele ontwikkeling te verbeter.

Die suksesse van die Telematiese Dienste om toegang tot hoë gehalte onderwys te verskaf aan student ongeag waar hulle geleë is, het gelei tot die uitbreiding van hierdie diens na grade 1o tot 12 leerders deur die Telematiese Skole Projek in samewerking met die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD)